Opvolg: ‘Geen berou’ sê regter
Beide die verdediging en staat het Vrydag om verlof tot appél aansoek gedoen nadat regter Andre Louw, die veroordeelde moordenaar, me. Ronel Botma, nege jaar tronkstraf opgelê het vir die mesdood van haar man, mnr. Tizziano Ciciliato, in hul Totiusstraathuis op 4 Februarie 2013.
Mnr. Ciciliato is 32 keer in sy bolyf gesteek deur huurmoordenaars wat R10 000 deur me. Botma vir die moord betaal is.
Naas die steekwonde, was daar ook drie snye aan sy kop wat hy opgedoen het terwyl me. Botma en die paartjie se dogter, Rozanne, saam met ‘n vriendin van me. Botma, by McDonald’s gesit en roomys eet het.
Regter Louw het bevind dat hoewel me. Botma jare lank fisies en emosioneel deur mnr. Ciciliato mishandel is, haar bewegings nie sodanig deur hom beperk is, dat hy haar geweier het om op ‘n weeksaand met hul dogter te ry vir roomys, terwyl ‘n gruwelike dood op hom gewag het nie.

Me. Botma het die moordenaars op ‘n foon, wat hulle vroeër die dag by die paartjie se besigheid Cars 2000 vir haar gegee het, geskakel voordat syself die hek vir hulle oopgemaak het.
Sy het in haar pleitverduideliking gesê dat met hul terugkoms tuis na die roomysetery, sy “geweet het TC is dood, en ek verlig was”.
Regter Louw het dit duidelik gemaak dat me. Botma op geen stadium van die sewe dag verhoor, enige berou getoon het nie.
Hy het in sy uitspraak gesê dat al die getuienis, selfs die staasgetuies, se weergawes daarop dui dat mnr. Ciciliato ‘n “arrogante boelie was met geen respek vir niemand nie, hetsy tuis of by die besigheid”.
Nietemin het regter Louw bevind, dat me. Botma verskeie kanale tot haar beskikking gehad het om uit haar omstandighede te ontsnap.
Hoewel verskeie getuies vir die verdediging, insluitende me. Botma se dogter uit ‘n vorige huwelik, Vicky, getuig het van bloukolle en ander beserings aan haar, sy nooit teenoor enige iemand gebieg het van die aanrandings op haar nie.
Hy het me. Botma beskryf as ‘n waardige, goed opgevoede vrou, wat ‘n goeie indruk by die hof geskep het.
Nietemin het regter Louw gesê dat die simpatie wat deur getuies in die hof teenoor haar betoon is, haar tog moes laat verstaan het dat hulp byderhand was.
Hy het me. Botma se omstandighede met dié van ‘n landelike vrou vergelyk – “jy het toegang tot die foon, internet, jou pastoor, jou volwasse kinders, jou vriende gehad, maar hulle in die donker gehou”.
Regter Louw het voordat hy haar tot nege jaar effektiewe tronkstraf gevonnis het, erken dat die vonnis nog die staat, wat 18 tot 20 jaar gevra het, nog die verdediging, wat bloot korrektiewe toesig verwag het, sou paai nie.
Verlof tot appél is daarna aan beide toegestaan, vir die staat weens ‘n onvanpaste ligte vonnis, en die verdediging om sy saak voor ‘n volbank regters van die Noord Gautengse divisie te stel, oor hoekom me. Botma tronkstraf moet vryspring.
Betoeë hiervoor moet teen 24 Julie geliasseer wees.
Opvolg: Ronel Botma moes glo aan vurkhyser hang
Opvolg: Kinders het pa gevrees
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!




