Local newsNews

Apteke span saam

Die bekende apteke, Ilanga Mom's en Steve Dickinson Apteek, het saamgesmelt en staan nou bekend as Mom's Dickinson.

Albei die bestaande apteke het hul deure toegemaak en sáám die perseel, waar Stoffberg & Stalls Apteek vroeër jare geleë is, gekoop.

Dié apteek is langs die bekende boeredokters, Dokters Van Den Berg en Vennote geleë, in die Middok gebou.

Volgens aptekers Jan Botha en Steve Dickinson het hul twee apteke heeltemal verskillende, maar sterk markte bedien. Hulle is egter oortuig dat dié saamgesnoerde kragte net ‘n beter diens vir die gemeenskap kan lewer.

Die plan was om eers hierdie week hul deure te open, maar weens die geweldige aanvraag, help hulle al kliënte vanaf 22 Junie.

Mnr. Dickinson sal die voltydse bestuurder en apteker by die Mom’s Dickinson Apteek wees. Hy het gemeld dat hy weer ‘n kliniek by die apteek het waar bloeddruk, bloedglukose en cholesterol gemeet kan word. Daar is ook ‘n kitsbank in die apteek.

• Die opgradering van die nuwe apteek is gedoen deur mnr. en me. Schalk en Angelique Brits (van Maschante DIY).

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button