Local newsNews

Bekendes by Bospot groet

Die bekende Claassen egpaar, Charles en Hanlie, het na ses en 'n half jaar as eienaars van die gewilde Bospot Restaurant naby Loskop Damwal, die besigheid verkoop.

“Die lewe van ‘n restauranteur is baie soos dié van ‘n melkery-eienaar en ‘n redakteur! Jy werk 16 ure, ses dae per week. Ons wil dit nou net rustiger vat,” het mnr. Claassen hierdie week gesê.

Die egpaar sê hulle neem met ‘n swaar hart van hul personeel afskeid en wens hulle alles van die beste toe saam met die nuwe eienaars.

Hulle wil graag al hul kliënte bedank wat hulle deur die jare ondersteun het en bygedra het tot die restaurant se sukses.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button