Local newsNews

Vermeende dief gee R100 terug

'n Vermeende dief het blitsig 'n R100-noot vasgelê en dit daarna teruggegee met die woorde: "Dit is eintlik myne, maar vat dit maar."

Me. Yolandi Dreyer (van L&E Hardware & Mining Supplies, Kanonkop Sentrum) vertel dat sy Dinsdagoggend in haar kantoor was, terwyl haar ontvangsdame van die kliënte gehelp het.

Die oomblik toe me. Dreyer vorentoe stap, het sy dadelik gesien die kasregister is oop, maar dat die ontvangsdame nog besig is met kliënte by die ingang van die winkel.

‘n Man het naby die kasregister gestaan en hulle het hom dadelik gekonfronteer. Hy het sy sakke halfpad omgedop en uitdagend gesê dat hy niks by hom het nie. Hulle het hom egter aangesê om die sakke heeltemal om te dop, waarop ‘n R100-noot uitgeval het.

Op hul vraag wie se geld dit dan is, was sy antwoord: “Dit is myne, maar vat dit maar.”

Me. Dreyer het vir hom gesê hy moet net daar staan, dan sal sy met die hulp van die kameras gaan kyk of hy die waarheid praat.

Sy was nog oppad na haar kantoor toe, toe die verdagte omspring en spore maak.

Personeel van die aangrensende Nagskof kuierplek het hom sien wegstap en met die hulp van mense in die omgewing is die verdagte in Tamariskstraat vasgetrek.

Mnr. Coen Klopper (lid van die uitvoerende komitee, GPF) is gekontak, waarop hy met die hulp van Mid-Alarmslede die man gehou het totdat adj. Sipho Msiza (bevelvoerder, Sektor 4) opgedaag en hom gearresteer het.

• Vuma Present Shabangu het Woensdag in die hof verskyn op ‘n klagte van diefstal.

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button