Local newsNews

Twee dood na trompop botsing

Een persoon is opslag dood en een het later in die hospitaal gesterf na 'n trompop botsing Donderdagmiddag op die Stoffbergpad.

“Ek kon niks doen om die ongeluk te vermy nie!” het mnr. John Powell (van Van Tonder Vervoer) kort na die ongeluk uitgeroep.

Hy het op die toneel vir polisiemanne gesê dat hy met ‘n vol vrag mielies oppad was na Blinkwater Meule.

Sowat 15km buite Middelburg het hy ‘n VW Polo van voor af sien kom, wat geweldig vinnig gery het. “Die voertuig het vir my ligte gegooi en ek het gedink daar is ‘n ongeluk vorentoe. Ek ry in elk geval stadig weens die vrag en het nóg stadiger gery. Die volgende oomblik het hy net oorgeswenk na my kant toe!”

Mnr. Powell het na links probeer uitswaai met die trok en het langs die pad in die grond ingeploeg. Die Polo het egter steeds buite beheer na sy kant toe gejaag en ‘n trompop botsing was onvermydelik.

Weens die impak van die slag het verskeie drankbottels uit die kar uit gevlieg en die enjin van die voertuig is ook uit die voertuig geruk. Die trok se voorste onderstel is sodanig beskadig dat dit ook ingesleep moes word.

• Teen druktyd was die oorledenes nog nie uitgeken nie en kan hul name nie bekend gemaak word nie.

Lees nog verwante stories hier:

Geen blaastoestel beskikbaar

Twelve hurt as taxi overturns

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button