Sê nee vir dwelms!
Die SAVF en Oorwinnaars bied eerskomende Woensdag, van 11:00 tot laat, 'n uitstalling oor dwelmbewusmaking by die Izak Badenhorst saal aan, en veral die dorp se jeug, sal baie baat deur dit by te woon.

Die SAVF, Oorwinnaars, Sanka, SAPD en ander organisasies sal uitstal gedurende die dag.
Die uitstalling word afgesluit met ‘n 4,9 en 10km pretdraf om 18:30, met die tema: “Sê nee vir Dwelms”.
Hamburgers, warmbrakke en koeldrank, sal gedurende die uitstalling beskikbaar wees.
Inskrywings vir die pretdraf, wat stiptelik om 18:30 wegspring, beloop R25 vir die 4,9 km en R40 vir die 10 km afstand.
Tydelike lisensies vir die 10 km wedloop kan teen R25 ekstra verkry word.
Die dag se verrrigtinge word deur onder andere Alzu, borge van die medaljes, en Eskom Atletiekklub, wat beheer sal neem op die stap en drafroetes, ondersteun.
Toegang tot die uitstalling is gratis, en ouers, kinders en veral jong tieners word gevra om te gaan kyk watter verwoestende effek dwelms op gebruikers kan hê.
Die pretdraf is ook net die ding om die liggaam op te warm teen die winterbyt, en die natuurlike endorfiene te laat vloei, sonder dwelms.
Navrae kan gerig word aan die SAVF by 013 282 4413.



