EntertainmentLifestyleLocal newsLocal sportNewsSport
Video: Swierige aand voor groot stryd
Hoërskool Middelburg het Donderdagaand sy beste voet voorgesit, tydens die jaarlikse Classic Clash gala-aand in die dorp se banketsaal.

Burgemeester Mike Masina het saam met burgemeesterskomiteelid, Rehana Pilodia, die swierige aand bygewoon.
Gasspreker Pieter Rossouw, Bulls agterlynafrigter, het gaste ’n kykie gegee op die lewe van ’n professionele sportman en staaltjies gedeel uit sy speeldae.
’n Watertand ete, sangitems en ’n saal wat die asem weggeslaan het, het elkeen weer die gevoel gegee van: “Trots Middelburg”.



