Local newsNews

Dogter verjaar dag voor pa skiet

Mnr. Jan Briedenhann se broer, Rudolf, sê dat hy mev. Tanya-Louise Briedenhann die afgelope Kersfees die eerste maal ontmoet het, en dat daar geen tekens was dat daar enige huweliksprobleme tussen die egpaar was nie.

Hy sê egter dat hy later verneem het dat mev. Briedenhann se twee seuns, Juhan (18) en Stefan (17), beide leerders van HTS Middelburg, uit die egpaar se huis in Gilfillanstraat getrek het weens die ongelukkige huwelik.

Die paartjie sou Donderdag 23 April 2015, hul eerste huweliksherdenking vier.

Hulle het mekaar vier maande voor hul troue in OK Grocer ontmoet en aan die gesels geraak.

Mnr. Briedenhann se skoonsus, Annetjie, sê hulle het vertel dat mnr. Briedenhann op soek was na ‘n produk op die rakke wat hy nie kon opspoor nie.

Mev. Briedenhann het aangebied om hom te help soek.

Die geselsie wat aangeknoop is tussen die winkelrakke sou tot die huwelik, vier maande later lei.

Beide Rudolf en sy vrou, Annetjie, het mev. Briedenhann net een maal ontmoet.

Rudolf sê dat alkohol moontlik grootliks bygedra het tot die tragedie Woensdag.

Mnr. Briedenhann het verskeie eiendomme in Middelburg en eMalahleni besit, waaruit hy ‘n inkomste verdien het.

“Daar was geen geldelike probleme nie.”

Mnr. Briedenhann se enigste kind, ‘n dogter Jana, het Donderdag vroeg vanuit Jeffreysbaai in die dorp aangekom.

Jana het Dinsdag haar 34ste verjaardag gevier.

“Ons is stomgeslaan oor die gebeure, ons dank die Here dat die mense saam met hulle in die hysbak ongeskaad is,” sê Rudolf.

Hy sê mnr. Briedenhann se huwelik met sy voormalige vrou het jare gehou, “hoewel hulle ook maar lekker baklei het”.

Vermoorde wou nie trou

Vrou sterf in kollega se arms

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button