Video: Vrou met helikopter opgepik
'n Vrou is Woensdagmiddag deur die Netcare 911 helikopter opgepik om afgevoer te word na die Wilgers Hospitaal vir behandeling weens 'n bloedklont in haar long.
Hordes mense het met hul selfone gestroom na die parkeerarea agter die Life Midmed Hospitaal om foto’s en videos te probeer neem toe die helikopter gepoog het om daar te land.
Die helikopter het egter weer dadelik opgestyg en gaan land by die brandweer se landingsarea.
Me. Fay Cooke het drie weke gelede geboorte gegee en het kort daarna siek geword en is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem. Haar verloofde, Quinton White-Sharpley, het kort nadat die helikopter haar opgepik het, vir die Observer gesê dat die dokters hulle meegedeel het dat sy ‘n bloedklont in die long het. .
Sy is per helikopter afgevoer na die Wilgers Hospitaal waar sy verdere behandeling sal ontvang. Hy het verder genoem dat sy vrou die eerste pasiënt is wat opgepik word in die nuwe Netcare 911 helikopter.
• In dieselfde tyd wat die helikopter die dorp ingekom het, het ‘n man sy vrou en toe homself geskiet (berig elders). Onwaar riemtelegramme het die rondte gedoen dat een van die persone wat geskiet is met dié helikopter na ‘n ander hospitaal afgevoer moes word.





