Local newsNews

Video: Muishonde by Vergeet-My-Nie

'n Hele familie witkwas muishonde het al 'n paar jaar gelede by die heining van die Vergeet-My-Nie woonstelle ingetrek en word daagliks deur inwoners soos kinders gevoer.

Me. Lenie Kruis is een van dié inwoners, by dié senior burger aftree-oord, wat al lankal vriende gemaak het met die muishonde.

Sy bly die afgelope twee jaar by Vergeet-My-Nie en vertel dat hulle reeds daar was toe sy daar gekom het. En van die eerste dag af het sy, soos die ander inwoners, vir hulle iets te ete gegee.

Van die mense het aanvanklik gedink dit is meerkatte, maar as ‘n mens hulle van nader beskou, is dit duidelik dat dit witkwas muishonde is. Me. Kruis het selfs in haar naslaanboek, oor dierefoto’s, van hulle uitgewys.

Die diertjies is duidelik die bejaardes gewoond en roep in die oggende en aande met snaakse skreeugeluidjies vir kos. Hulle hou veral van stukkies vleis, hondepille en eiers.

Daar is sowat agt witkwasmuishonde wat ‘n kolonie gevorm het in ‘n gat langs die draad. Een van die ouer lede van die groep makeer ‘n voorpoot, maar hy kom goed oor die weg.

• Die Observer het verlede week berig oor ‘n stink muishond en meerkatte wat in Dennesig gesien is.
Persone wat wilde diere in hul omgewing opmerk, kan Daleen Naude by die Observer bel by 013 243 1434.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button