Local newsNews

Batterye teruggevind

Met die flinke optrede van die Groblersdal Polisie en sekuriteitsoffisiere van Loskop Alarms is batterye teruggevind wat by Tile Zone gesteel is.

Loskop Alarms het Maandagoggend omstreeks 05:10 ‘n oproep van hul kliënt van Tile Zone af gekry dat sy van Car Track af ‘n boodskap gekry het dat daar batterye vanaf hul Tata- en Hino trokke ontkoppel word. Die reaksie-offisiere, asook polisiemanne, het dadelik na die besigheid gejaag.

Met hul aankoms was die diewe nog met hul bakkie op die perseel, maar het laat spaander in die rigting van die taxistaanplek toe hulle die reaksievoertuie opmerk.

By die taxistaanplek is ‘n waarskuwingskoot gevuur toe die twee verdagtes die donker in verdwyn.

Hulle het die batterye laat val en weggehol.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button