Local newsNews

Bokkie in strikke gevang

Twee rooibokke is hierdie week op 'n plaas in die Toitskraal omgewing in strikke gevang en daar is later 'n groot hoeveelheid strikke op dieselfde plaas afgehaal.

Volgens mnr. Piet Groenewald (eienaar/bestuurder WIPS Wildlife Investigation and Protection Services) is daar Woensdag twee rooibokke op mnr. Piet Meintjies se plaas gekry.

Lede van WIPS het later nóg 37 strikkie op die 69 hektaar plaas afgehaal.

Mnr. Groenewald het genoem dat hulle in 2014 ‘n totaal van 4 800 strikke op plase in die Loskopvallei omgewing afgehaal het en dat hulle die afgelope tyd ‘n skerp toename in strikke gekry het.

Veral bees- en wildsboere loop erg deur.

Hy het ‘n beroep op boere gedoen wat beeste skuif en weikampe leeg laat staan, eers die weikamp moet ‘vee’ (kyk vir strikke) alvorens hulle die beeste weer terugjaag.

Mnr. Groenewald sê hulle vind dat dit veral Zimbabwiërs is wat toeslaan en kommersieel wild vang.

Baie boere gaan slegs naweke na hul plase toe en dit is dan wat die wildstropers toeslaan.

“Van die boere stel Zimbabwiërs aan as plaasvoormanne.

Dit is dan die einste Zimbabwiërs wat in die week die strikke stel en die vleis bewerk. Voor die boer terugkom, verpak hulle die vleis en biltong en geepad.

Hulle los die strikke net so en boere moet seker maak dat hulle dan die plase vee.”

• Boere wat vermoed dat daar strikke op hul plase gestel word, kan mnr. Groenewald bel by 071 895 4303.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button