Local newsNews
Wonderwerk op N4
'n Motoris was Dinsdag gelukkig om sonder 'n skraapmerk uit sy bakkie te klim nadat hy by die Vandyksdriftbrug op die N4 teen 'n vragmotor vasgery het.
Dié bestuurder, mnr. Philip Mansfield, was onderweg in die die rigting van Nelspruit, toe die ongeluk gebeur het.
Mnr. Mansfield het in sy linkerkantste spieëltjie gekyk en ‘n vragmotor wat voor hom in die regterbaan gery het, verbygesteek oor ‘n bult. Nog ‘n vragmotor, buite sy sig, het in die linkerbaan teen ‘n baie lae spoed gery. Die botsing was onvermydelik.
Ook die bestuurder van die vragmotor het sonder enige beserings uit die vragmotor geklim.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



