Local newsNews

Jong vrou skiet haarself

'n Jong 'borrelende meisie' het haarself Woensdagaand by hul huis in Dennesig geskiet.

Aletia Pansegrouw (22) het in haar suster, Talané, se arms gesterf.

Kort voordat sy haarself geskiet het, het sy die boodskap: “Moeder, thank you for loving me” op Facebook geplaas.

Haar ma, Ronéll, het gesê dat Aletia depressief was. “Aletia was uniek, sy het nie net iets van haar en haar pa gehad nie, maar ook van haar broer en susters. Sy was beeldskoon en lieftallig. Almal het haar liefgehad.”

Me. Pansegrouw het gesê dat sy haar dogter gaan laat veras “en terugvat na die plaas Hartbeestfontein toe. Ons gaan haar as daar strooi. Sy was ‘n ware plaaskind.”

Aletia het die afgelope tyd as stoelassistent by die tandartse, Suria Botes en Assosiate, gewerk.

Sy word oorleef deur haar ma, Ronéll, pa Gustav, stiefma Marié, susters, Sunéll en Talané, broer Kobus, oupas en ouma, skoonsuster, swaer en susterskind, Kyle.

Teen druktyd was daar nog geen begrafnisreëlings getref nie. Persone wat kontak wil maak met die familie, kan Kobus bel by 079 511 3150.

• Kort voor druktyd het boodskappe van medelye op Aletia se Facebook begin instroom.

Charledene Reed: My Lila, hoekom? My hart is in stukkies. Ek gaan jou so mis, elke dag van my lewe. Ek sal altyd lief bly vir jou.

Hannes Nel: Jy het diep spore getrap wat nie sal weggaan nie! Jy gaan gemis word.

Lindy Olivier: My hart is diep seer… Daar’s nie woorde om te beskryf wat ons verloor het nie.. Maqi rus in vrede. Sterkte vir jou familie wat iets kosbaar verloor het. Julle sal in my gebede wees!

Hannes Uys: Aletia’tjie gaan jou baie mis. Al jou mal grappies en die vinnige kuiertjies.

Neil Naude: Aletia, jy was ‘n wonderlike mensie. Ons lief jou baie en mis jou ontsettend baie. RIP.

Bianca Els: Vriendin, ek gaan jou baie mis. Jy was so ‘n great mensie.

Deléne Tempel: Ai, ons is gebreek. Ons gaan jou so baie mis. Jy is so pragtig en borrelend gewees. So talentvol. Baie lief vir jou.

Jean-Mari Conradie: My liefste Aletia. Ai bokkie, ons sou nog ‘n kuiertjie ingewerk het. Liewe vriendin, rus sag. Jy was vir ons die grootste vreugde. Jou glimlag en sprankelende persoonlikheid gaan definitief gemis word. Ek bid vir jou familie dat Abba Vader hulle sal vashou en troos in die hartseer tyd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button