Local newsNews

Seun spoor biologiese ma op

Presies 31 jaar nadat ’n ma se seun van haar af weggevat is, is hulle weer herenig.

Die trane vloei as Marietjie Ohlsen en haar seun, Frederik, hul verhaal vertel.

Frederik Oloff Ohlsen is op 10 maande weggevat, omdat me. Ohlsen hom nie meer kon versorg nie. “Sy pa het hom afgeteken en ek het nie ’n inkomste gehad nie.”

Frederik sê sy aanneemouers, wie hom Frederick Stephen Anderson gedoop het, het op sy 21ste verjaardag vir hom vertel hy is aangeneem. “Toe ek dit hoor, het ek seergemaak gevoel. Ek was ongelukkig dat hulle my nie vroeër gesê het nie!”

Dit het hom egter nóg 10 jaar geneem en ’n lang soektog om uiteindelik sy eie ma ses maande gelede in die oë te kon kyk.

Hy sê hy het reeds sy biologiese pa deur middel van Facebook opgespoor en is vas van plan om hom een van die dae te ontmoet.

Frederik sê daar is geen verwyte in hom nie, hy was net bly toe hy hoor sy ma leef nog en dat hy haar uiteindelik kon ontmoet. “Ek is só dankbaar dat die Here haar vir my gespaar het. Ek wil nie verwyt nie. Ek dink altyd net, wat sou Jesus doen in sulke omstandighede.”

Volgens me. Ohlsen is haar ander kinders ook destyds by haar weggeneem “en het ek al nagte en jare omgehuil oor hulle. Ek het nog altyd gebid en gehoop dat ek hulle sal opspoor en hulle my nie sal verwyt nie…”

Sy vat aanmekaar aan Frederik se hand, so asof sy nie kan glo dat dit werklik haar seun is wat langs haar sit nie. “Ons is nog baie vreemd vir mekaar, maar hy is my kind! Ek is so bly ons is herenig.”

• Me. Ohlsen sukkel nog al die jare om te oorleef en sê hartseer dat sy “van ander se aalmoese moet lewe. Ek dank God egter dat ek nog vriende oorhet wat help.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button