Local newsNews

Gee jou kommentaar

Die spertyd vir openbare insae teen die plan dat Steve Tshwete Munisipaliteit, die eMakhazeni Munisipaliteit - wat die dorp Belfast insluit - oor te neem en by die Groter Middelburg dorpsgebied te inkorporeer, verstryk aan die einde van die week.

Dit nadat die strate van Belfast onlangs onbegaanbaar gemaak is deur stakende munisipale werkers wat die afdanking van die munisipaliteit se top strukture, insluitende die munisipale bestuurder, eis.

Die dorp se strate is onder vullis toegegooi en water en elektrisiteitsnetwerke is gesaboteer.

Die nasionale en provinsiale regerings moes daar ingryp om gemoedere te kalmeer.

Met oorname sal Middelburg ook die vervalle infrastruktuur van die dorp, sowel as alle skulde oorneem.

Wat is jou kommentaar op die moontlike oorname?

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button