Local newsNewsUpdate

Opvolg: ‘Hy kon nie meer nie’

Klein Waldo Groenewald, die baba wat op 'n 25 weke swangerskap prematuur gebore is, is Maandagoggend (Vandag) 17 November in die vroeë oggendure oorlede.

“Hy kón net nie meer nie. Sy lyfie was net te moeg gewees,” het sy ma, Yolandi, hartseer gesê.

Waldo is op 31 Oktober met ‘n keisersnit gebore, omdat sy ma Hellp-sindroom gehad het. Met hierdie toestand verwerp die ma se liggaam die baba.

Dit het aanvanklik baie goed gegaan met hom en is die ventilator selfs op ‘n stadium afgehaal. Teen laat verlede week het hy egter ‘n infeksie opgedoen en is daar met antibiotika begin.

Hy is ook weer teruggeplaas op die ventilator, maar het Maandag 17 November in die vroeë oggendure die stryd verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

Back to top button