Local newsNews
Ark se deure is oop!
Die ark se deure was weer oop op Middelburg! Twee vlakvarke het die dorp op hol gehad hierdie week.
Oor die jare het daar al bruin hiënas, ’n muskeljaatkat, otters, bosvarke, likkewane, eenkeer ’n krokodil, ’n renoster (op die N4), mamba’s en selfs bobbejane al deur die dorp se strate gehol.
Lees in vandag se Middelburg Observer hoe ’n hond die hasepad moes kies met ’n vlakvark agterna. Dit was ook ’n gesig om te sien hoe inwoners ’n vlakvark aanjaag veld toe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



