Local newsNews

Pa sê parkie is pê

'n Inwoner van Nasaret sê terwyl daar gereeld herstelwerk gedoen word, en mooi skoongemaak word in Middelburg se dorpsparkies, verval die parkie in die woongebied by die dag.

Mnr. Lucian de Lange sê hy het sy eie kind parkie toe geneem maar teruggedraai huiswaarts omdat die kleinding meer pyn as plesier sou ervaar.

“Ons kinders is elke dag in die parkie want daar is niks anders om te doen nie

“Die speelgoed is geroes en gekraak en niks is in ‘n werkende toestand nie.”

Hy het foto’s van wat hy beskou as gevare vir die kinders geneem en vra hoekom daar na die dorp se parkies gekyk word, maar Nasaret se parkies ontsien word.

Parkehoof, me. Dalene Lambrechts, het Woensdag 24 September so tussen die braaivleisrook deur gesê dat roetine-inspeksies van alle parke maandeliks gedoen word.

Sy sê dat die speelgoed in die parkies jaarliks oorgeverf word en herstelwerk ook behartig word.

Die Nasaret gevare is egter nog nie onder haar aandag gebring nie, en hoewel sy Woensdag weens die vakansiedag nie dadelik werk daarvan kon maak nie, het sy onderneem om “eerste ding Donderdag 25 September iemand uit te stuur om te gaan ondersoek instel”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. I’m a lady hardworker in need of a job willing to work long hours because I need money to pay for child school fees and I have licence code10.I will be my pleasure to get work as soon as posiple and thank you for reading this.

Back to top button