Local newsNewsUpdate

Video: Voor die wind met Koningskind

Dit gaan baie goed met die pasgebore babameisietjie wat Vrydag 12 September toegedraai in koerante agter die Middelburg Care Village gevind is.

Die ma van die kind het haar kort na haar geboorte in die veld in skouerhoogte gras gaan neersit en weggeloop.

’n Tiener wat kortpad oor die treinspore wou vat het net na 19:00 die baba se gekerm gehoor en die polisie ontbied.

Sy is Middelburg Hospitaal toe geneem waar sy moontlik teen volgende week ontslaan sal word.

Sy sal in die sorg van die Umepi kinderhawe geplaas word na haar ontslag.

Die kinderhawe kyk ook na ses ander babatjies van een jaar en jonger.

Die Observer het Dinsdag 16 September by die baba gaan kuier met ’n reuse sak klere. OH Frewin drukkers het dadelik R550 onder personeel bymekaar gemaak en ook bederfies vir die prinsessie gaan koop.

Hospitaalsusters sê dat strome mense van 07:00 Dinsdagmore by die hospitaal in en uit was met benodigdhede vir die baba.

’n Groot aantal mense het ook reeds aangedui dat hulle haar wil aanneem en een van hulle het tydens die Observer se kuiertjie Dinsdag grappenderwys gesê “ek wag net dat die suster loop, dan sit ek haar in my handsak”.

Almal gaan egter eers verby a/o Abdool Kasu, die polisiereservis wat Vrydagaand by haar in die grasse gewaak het kom, want klein Aneesah, soos hy haar gedoop het, en “liefdevolle metgesel” beteken, het so diep in sy hart gekruip dat sy nooit weer daar sal uit nie.

Die kleinding is stroopsoet en glimlag reeds vir almal wat haar besoek en vashou, en let wel, daar’s nie ’n enkele besoeker wat nié daarop aandring om haar vas te hou nie.

Die Observer het ’n houer in die redaksiekantoor waar inwoners benodighede soos natlappies, doeke, baba formule, boudjiesalf, klere en ander geskenkies kan gaan gooi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. Dit breek my hart!!! Share die asb, dalk is daar iemand daar buite wat ook daaraan dink om dieselfde te doen, ons weet nie wat die ouers se omstandinghede is om so iets aan ‘n klein engel kind te doen nie. Maar dalk kan die hul help om eerder die kleintjie na iemand toe te vat wat na hom/haar sal omsien in plaas daarvan om hul in ‘n asblik, ashoop of veld te los vir die dood. Die engelties het nie gevra om hier te wees nie en hul verdien ‘n kans om te lewe… God het hul tog met ‘n doel gestuur!

  2. It is extremely sad about what happened, however we must not be so quick to judge. God is the only one who may judge. We have never been in such a situation the mother found herself in. As human beings we do not have the right to judge others. We sit in church every Sunday and proclaim we are children of God, but our actions prove otherwise. I urge these people to do introspection on their reaction to the fact that the baby seemed to be caucasion. Would their reaction and “interest” REALLY have been the same if the baby was of other race groups? Let us be reminded of the parrable in the Bibel of the people who wanted to stone the prostitute, upon which Jesus said that he who is without sin, to cast the first stone. Furthermore, i feel that the baby’s right to privacy was completely invaded with all the sensation. What about many babies who are found in dustbins, rubbish dumps etc. Why do we not react like this each time a baby is found in such a manner. The picture was utterly tasteless and it seems the reporter was only concerned about sensation and not the rights of the baby.
    PS Was any Social Worker or Hospital Spokesperson contacted for the true reflection of abandonment in general, and the procedures to be followed, according to the Childrens Act?

Back to top button