CrimeNews

Blixem steel beursie

'n Onderwyseres van Hoërskool Kanonkop het meer as 40 "likes" gekry na sy Dinsdag op Facebook gedreig het om 'n leerling se arms in suur te druk en sy ingewande te balsem vir uitstalling in haar klas.

Dié tong-in-die-kies tirade van die hemelsbesem, me. Pauli Maritz, wat kop en skouers bo die meeste van haar manlike kollegas uittroon, is geloods nadat haar beursie uit haar klas gesteel is.

Sy verwys na die “blixem” as ‘n seun, maar identifiseer hom nie.

Hopelik is “blixem” se bene so lank soos sy vingers want juffrou Pauli gee een tree waar ons ander vyf gee.

Juffrou Pauli waarsku hom, spelfoute en al – “Vir die klein blixem (geonderstreep, bold en 50x vergroot) wat my beursie gesteel het vandag…in my klas…ja jy…wat ‘n wit vel dra vir die grap…ek hoop jy het d@nners mooi opgelet toe ek jou van laboratoriumsure en fenolftaleien geleer het…want more gaan juffrou jou vieslike vuil vingertjies in ‘n bak vol suur druk tot dat jou handjies tot by jou skouers opgelos het…en daarna gaan jy lekker fenolftaleien suip sodat jou derms preserveer…en ek gaan dit wat van jou oor is in ‘n bottel fenolftaleien in forseer en jou in my klas uitstal vir die volgende 100 jaar…sodat almal kan sien hoe lyk ‘n klein krimineel soos jy!! Sê mooooooi tatta vir die maaitjies!”.

Juffrou Pauli gaan #-tag dan die volgende: #geejoulaastesentevirdieblixemsvirsnoepiedankryjydit, #gatvolverby, #diemoerin, #besigom’nkrokodilteborsvoed, #asjyniejoukindmanierekanleernie…moeniekindershênie en laastens #manierekomvandiehuisaf.

Die suur-juffrou waarsku dan “As jy die bostaande status enigsins as onaanvaarbaar/brutaal/kru beskou…my hart bloei regtig vir jou! Niemand het jou gedwing om dit te lees nie! Klim van Facebook af en gaan leer jou kind maniere!”.

Sy sluit haar plasing af met dié wenk: “As jy ‘n beursie wil steel…dude…selfs ‘n 3jarige kleuter se spaarbussie het meer geld in as ‘n onderwyser s’n! Dom drol!! #Geluk…jy wen ‘n opblaas breinsel!!”.

Die Observer het vlugtig met haar gesels om te hoor presies hoeveel sent in haar beursie was, maar juffrou Pauli wou nie sê nie.

Sy het toegegee dat sy nie ‘n benul het wie haar beursie uit haar handsak onder haar tafel uitgesteel het nie.

Sy wou niks meer sê nie omdat sy vrees “dat die hoof my keel gaan afsny!”.

Mnr. Martin Fourie, hoof van die skool, het Donderdag gesê dat die skool ‘n sosiale-media beleid het en dat “juffrou Pauli” ongelukkig buite dié beleid opgetree het met dié plasing.

“Mense moet onthou dat plasings, selfs in jou persoonlike hoedanigheid, oor jou werkplek, nagevolge het,” het mnr. Fourie gesê en bygelas dat hy die voorval van aangesig-tot-aangesig met die betrokke personeellid sal bespreek.

Hy het egter begrip vir haar frustrasie en woede en kon nie help om self uit te bars van die lag oor sekere stellings in die plasing nie.

Al wenk wat die Observer vir mnr. Fourie het: Mens foeter nie met ‘n suur vrou nie!

•Daar was egter inwoners wat woedend was oor die plasing en dit aan nasionale koerante en Radio Jacaranda gestuur het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

19 Comments

  1. Pragtig Pauli! My aanbod staan steeds om jou te help om die klein blixempie se derms uit te ryg – perks van mediese vriende hê! En Mr Fourie ek hoop julle spreek die betrokke klasse ASOOK die betrokke ouers ook toe!

  2. Ek staan 100 persent agter haar!! Ma die arme skelm bloedjies se mense regte moet mos beskerm word!! Dis presies hoe die meeste van ons voel! You go girl hehehe! Wens net mens kon daai mense wat so kla, vir een dag in n klas los saam met die kinders en kyk of hulle dit gaan oorleef! Dit sit nie in almal se broek om in vandag se dae n onnie te wees ni!!

  3. Dis ‘n bietjie kras gestel, maar ek verstaan haar frustrasie – ek twyfel of sy dit rerig sal doen wat sy se op die status, dit klink meer soos ‘n afskrik-middel dat die kind bietjie kan “stres”. Kinders het deesdae geen respek nie. As die ouers nie hul kinders voor skool reg kan opvoed nie, is dit wat ongelukkig gaan gebeur. – Miskien het hy huishoudelike probleme. . . ek stel dalk ‘n ondersoek voor, moenie nie net na die juffrou kyk nie, kyk na die seun ook. . . hys immers die een wat alles veroorsaak het.

  4. Tien uit tien. Dit kon nie beter gestel gewees het nie, en die wat nie daarvan hou nie, is seker een van die met die klein stoute blixempies.

  5. SWAK!!!!! Wat die kind gedoen het was baie verkeerd en ek praat nie sy saak reg nie, maar wat die Juffrou gese het was uiters swak, dit stel n slegte voorbeeld vir kinders, en wys kinders dat as mens kwaad is mens als met geweld moet doen! Sy kon dit op n beter manier hanteer het

  6. Die persoon wat gese het Paula moet weg gejaag word, en dat geen skool so onnie soek nie; hoe weet jy dit?
    Ek neem aan jou beursie of enige iets anders is nog nie uit n klas gesteel nie?
    Ja dit was seker bietjie kras, maar ek verstaan hoe sy voel.
    Dink eerder ons moet daai blixem opspoor en hom uit die skool weg jaag. Beslis soek geen skool so n blixem nie.
    En terselfde tyd minder konsentreer op n onnie wat net haar werk probeer doen het toe dit gebeur het.

  7. Aan juffrou Pauli, ‘n oorverdowende applous vir jou! Ek hoop jy ryg sommer sy ouers se derms ook uit! Hulle moes beginsels by die kind ingedril het! Ek staan bankvas agter jou!

  8. Verstaan die juffrou se frustrasie, maar sy moes van beter geweet het. Dit maak nie saak hoe kwaad mens is nie, iemand in haar posisie kan nie sulke goed kwytraak op Sosial media nie. Dan wil ek graag weet wat met die MEISIEKIND wat die beursie gesteel het gedoen gaan word. Kinders moet deesdae mos met handskoene hanteer word. Blykbaar wil die skuldige dogter nie verantwoordelikheid daarvoor neem nie, al is daar bewyse op die kameras. Die dogter behoort swaar gestraf te word. Jammer dit het met jou gebeur Pauli, my seun se jy is ‘n wonderlike onderwyser en hy sal nie graag wil hê jy moet jou werk verloor nie. Sterkte. Duur les om te leer.

  9. Mens gaan studeer onderwys omdat mens ‘n passie/liefde vir kinders het, maar netso lief soos mens vir hulle is en met hoeveel geduld/kreatiwiteit jy elke dag aanpak- netso kan hul jou bloed laat kook wanneer hul in jou klas ongemanierd met geen waardes of/en geen respek vir jou het te kere gaan. Applaus vir Juffrou Pauli, min mense verstaan waardeer onderwysers elke dag gaan. Hoop die hoof skors die betrokke leerling onmiddellik en maak ‘n voorbeeld van hom/haar- ‘n skool is ‘n plek van opvoeding, NIE kriminele aktiwiteite nie!

  10. Ja, die twee persone wat geskryf het dit is swak en sy moet weg gejaag word, is seker dieselfde mense wat glo jy moet nie jou kinders tugtig nie. Die probleem kom al aan vandat ons lyfstraf uit die skool en selfs by die huis weg gevat het. Die Bybel vermaan ons om ons kinders te tugtig, maar nee, ons dink mooi woordtjies en “sit asb in die hoekie” gaan ons samelewing `n beter plek maak en ons kinders die nodige opvoeding gee, wel aan hulle sê ek “Dink Weer”! En waarom dinge uit verband ruk, net oor sy `n onderwyser is, sou sy dit regtig doen? Nee, net gesê wat ons almal soms voel as ons hard werk en iemand besluit nee wat, hierdie vat ek sommer vir my, passela…Bring tugting terug skole toe!!!!

  11. Wat die kind gedoen het praat ek nie goed nie,maar die onderwyser het geen reg om al die goed kwyt te raak nie,dis die vreeslikste goed wat sy kwyt geraak het,sy kon dit beter hanteer het

  12. se dinges man dis oor dat lyf straf uit skloe geneem is dat die jeug is soos hul is van dag. n kind het meer regte en sodra hul druggies word en jou as ouer se goed begin steel dan wil jy wat nou so praat heel erste huil daar oor my persoonlike meening is as di poliesie nog pak gegee het is dit waar hy hoort lat hy ordentlik gem@!r kan word dat se bas velle af is dat hy kan groot word en leer k@k aanjaag en steel is 2 groot verskillende dinge

  13. Ag is middelburg nou regtig so boring? En het die observer nou regtig niks anders om oor te skryf as dit nie?? Ek kry die idee observer skryf tog nou net enigeiets wat hulle kry of hoor net om hulle 3 blad koerantjie n 4 blad te maak…o nee…maar dis mos maar hoe ons die observer ken vir jare al…o ja…en rian op jacaranda sal n grap van dit maak…AS dit wel oor gepraat gaan word…

  14. Absoluut geskok oor die kommentaar! Kan nie glo dat mense sulke barbaarse uitlatings ondersteun nie. Die kind was in geen opsig reg nie, maar die wreedheid in die post is om van siek te word.

  15. Juffrou 11 uit 10 vir jou 1 vir jou eerlike opinie dis reg ouers moet skrik al skrik hul net wakker want hul wil niks verkeerd weet van hul kinders wat hul eintlik niks van weet nie. Werk, funsies, gesiene kringe en hul besige programme is vir hul te belangrik om regtig aandag aan hul kinders te gee. Daarom so baie diefstal en dwelm misbruik in Middelburg Mpumalanga.

  16. Well done juffrou Pauli. Vir die mense wat haar nou sleg maak, hoe DOM is jy? Dink jy rerig dat sy dit sal doen? Dalk moet jy weer terug gaan skool toe. Liewe skrywer wat sê dat sy weggejaag moet word, dit is agv mense soos JY, dat ek NOOIT WEER skool sal hou nie. Ek hoop jou kinders se volgende onderwysers is slimmer as JY. Of nog beter, mag jou kind se volgende onderwyser n “kwota” pos vul, dan wil ek jou hoor. 10/10 vir die wat nog kans sien. 10/10 vir juffrou Pauli se kreatiewe denke. Sy klink na n baie goeie wetenskap onnie. Sy hersien dan sommer die dag se les op haar Facebook status. Mnr. Fourie… give that girl a raise!

Back to top button