Local newsNews

Video: Voertuie versper ambulans

Woede het oorgekook op die grusame ongelukstoneel waarin vyf mense doodgebrand het op die N4 Woensdag 03 September.

‘n Sesde slagoffer, Bernine Booysen (50), het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk, maar kon dit dalk oorleef het, as ‘n konvooi polisievoertuie waaronder ‘n swart Lexus, nié die ambulans waarin sy vervoer was se pad versper het nie.

Die persoon in die Lexus is boonop ‘n vol polisiekolonel wat as kapelaan by die provinsiale hoofkantoor gestasioneer is.

Die Observer kan boonop onthul dat hy in 2001 vir roekelose en nalatige bestuur aangekla is.

Pleidooie van ‘n ER24 ambulansman dat die polisiemotors die ambulans net kans gee om verby te kom, het op dowe ore geval.

Die luukse motor is in die naam van L.H. Moyane, ‘n adjunk direkteurgeneraal van die Mpumalanga departement van onderwys, geregistreer.

Die departement se segsman, mnr. Jasper Zwane, het egter Donderdag bevestig dat me. Moyane die heeldag in vergaderings in Nelspruit was en geensins op die N4 gereis het nie.

Dit is ook ongewoon dat amptenare met polisie begeleiding reis, LUR’re en die premier, word wel vergesel.

Twee polisie offisiere kon voor in die motor waargeneem word.

In reaksie op dié inligting kon mnr. Zwane bevestig dat me. Moyane met ‘n polisiebeampte getroud is en dat hy op die toneel was.

Die Lexus was een van talle polisievoertuie, wat in die spasie wat spesiaal vir die ambulans gemaak is om deur te kom, ingejaag het.

Die ambulans waarin me. Booysen was, moes eindelaaste vir hulle plek maak voordat dit hospitaal toe kon jaag.

Op ‘n video wat deur die Middelburg Observer geneem is, kan duidelik gesien word hoe die polisie se konvooi alle menslikheid by die venster uitgooi, en die enigste oop roete vir die ambulans blokkeer.

Middelburg Observer joernalis, Jana Boshoff, wat die verkeer suksesvol kon reguleer in die afwesigheid van talle verkeersmanne wat in ‘n bussie bly sit het, is amper deur die voorste polisiemotor in die konvooi raakgery.

In die konvooi was ook talle ander hooggeplaastes soos brigadier Jansen Ngobeni, die plaaslike stasievevelvoerder.

Ongeduld het so hoog geloop op die toneel dat die drywer van ‘n BMW wat deur Boshoff gevra is om plek te maak vir die ambulans, bloot reageer het “mense sterf elke dag, hoekom moet ons skuif?”.

Die wanorde sal nou op hoë vlak ondersoek word nadat die DA leier, mnr. Anthony Benadie, die Observer videos Donderdag persoonlik aan die premier, mnr. David Mabuza, die LUR vir sekuriteit mnr. Vusi Shongwe en die provinsiale polisiekommissaris afgelewer het.

Me. Booysen se suster, Maryke, sê dat hulle nie die saak hier gaan laat nie en eise gaan instel teen die SAPD wat vertroud moet wees met die reëls op ongelukstonele waar daar oorlewendes is.

Die polisie se provinsiale kommunikasiehoof, brigadier Selvy Mohlala, wou weet wie dit is wat durf sê me. Booysen is dood omdat die polisie die ambulans se pad versper het.

“Sal daai persoon, hopelik ‘n dokter asseblief opstaan,” het hy gebulder.

Op vraag of hy sou wou hê die polisie sou moes plek maak vir ‘n ambulans waarin ‘n erg beseerde familielid van hóm vervoer word, het hy uitgebars “ek geen nie om nie, ek gee nie om nie”.

Hy wou verder geen kommentaar lewer nie en het die foon in die joernalis se oor neergegooi.

• Lewer kommentaar op dié berig deur die sleutelwoord “Bloulig” na 37940 te sms teen R1,50 per boodskap.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

21 Comments

  1. Dit is 100% in orde! Dit is enige hooggeplaaste Regeringsamptenaar se reg om te maak soos hulle wil. Hulle is verhewe bo die wet! Ons President stel dan die voorbeeld. Ons as Jan Alleman beteken niks vir Mr Regeringsamptenaar nie!

  2. It’s good that you covered the story but I think it should have been in English to reach a broader audience.

  3. That was my friend and colleague in that ambulance. Her life meant something to us. But then it shows how the leadership of this country has lost touch with the people who put them there.

  4. F@#%%&kaffer gemors tiepies kaffer….onopgevoed. Alblack dis waarheen ons land oppad is. Bobbejaan zuma….mugabe Bring die Blankes terug i n hul poste daar was nie clown in parlement….blankes ga nie hul meide verkrag….en hul gemors steel nie….ins hare groei nie in nie. Dom f@#%%&. mensig eks so kwaad ek kan n kaffer deur my gat trek.

  5. As nightfall does not come all at once, neither does oppression. In both instances, there is a twilight when everything remains seemingly unchanged. And it is in such a twilight that we all must be aware of change in the air — however slight — lest we become unwilling victims of the darkness.
    Justice William O. Douglas

  6. It is a terrible tragedy that people in leadership positions has set this example. Equally tragic is the fact that people sat in their cars and did NOTHING to help change the situation. What could have happened if people got out and made it clear that they WILL move their cars AND assist to clear the way for the ambulance?! What a travesty if South Africans accept examples to only be set by the police / politicians / traffic police. Are you happy to just wait for things to change? Why don’t you start picking up the courage to BE the change that you expect?!

  7. These stories should be in English, so that they can be sent to a other countries, to show what is happening in South Africa, because the world does not know how idiotic the S.A government is.

  8. they don’t care because those injured are strangers to them, if it was their friends or family then the whole country would have to come to a stand still. our leaders need to be replaced with people who see the whole country as equally important as their own.

  9. What do you expect from these uneducated buffoons running our country.
    What a tragedy.

  10. 3 Hoeras vir die narre in die sirkus, vir die wat nie weet nie, ek praat van ons regerings apmtenare!!!!

  11. Lekker pappie Kolonel dat jy met mammie se luukse kar mag kajakker onder begeleiding van blou ligte. Mag jy saggies doodgaan in ‘n ambulans en nie in ‘n Lexus wat jy nie ‘n sent voor betaal nie.

  12. Die klomp was seker laat vir KFC. Het geen idee wat om hulle aan gaan nie. Dis regtig baie swak, kan ook nie glo daar gaan iets van kom nie.

  13. Moet ander toewens wat jy self nie met jou wil laat gebeur maar met sulke on inteligente buffels is dit meoilik , sal nogal daarvan hou as ebola sy pad na hulle kry

  14. if you see the behavior on the highways under “normal “conditions” then this is definitely no surprise. High speed , flashing lights aggressive driving patterns , yellow line driving and so one can go on and on. It is time that law and order prevails and that culprits lose their licenses with hefty fines and even jail sentence to compliment traffic offences. To air racist comments will most probably add fuel to the fire and this is not all who did this as the ignorance is across race, gender and ethnic groups. There are no consequence management for offenders and they get away with murder whether physical or by attitude.The law must be more stringent on offenders with a Zero Tolerance approach.

  15. This despicable, inhumane and narcissistic behaviour is typical of the ethnocentric barbarism in this country.

Back to top button