Local newsNews

Video: Mev. VN finalis beef vir Ysbak

Linda Lourens, een van die 10 finaliste landwyd in die mev. Verenigde Nasies SA kompetisie, het Maandagmiddag die Ysbak uitdaging gedoen en toegelaat dat bejaardes van die SAVF Tehuis vir Bejaardes bakke vol ys en water op haar kop uitgooi.

Die Ysbak uitdaag is vir bewusmaking van motorneuronsiekte deur die Amerikaanse gholfspeler, Chris Kennedy, wie se niggie Jeanette Senerchia se man Anthony, al elf jaar met die siekte worstel.

Plaaslik hanteer die J9 stigting van die voormalige Springbok kaptein, Joost van der Westhuizen, die uitdaag, en talle groot name in die vermaakbedryf en selfs politieke rolspelers het reeds die uitdaag aanvaar.

• Linda het tydens haar “ysstort” vir Andries du Preez en Juanita Rootman (die huidige mev. Middelburg) uitgedaag om dit binne die volgende 24 uur te doen.

•Maatskappye en individue wat aan die uitdaag deelneem kan self besluit hoeveel geld hulle aan die stigting wil skenk.

Betalings kan gemaak word aan die J9 Stigting, Nedbankrekening 1017217173, Menlyn-tak 160 545.

Die maklike opsie is om “J9” te sms na 42305 teen R30 per sms.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

Back to top button