VIDEO: Bibberbad vir goeie doel
'n Druppel yskoue sweet het by my ruggraat afgeloop na ek Middelburg Marathonklub se ALS Ice Bucket Challenge afgeneem het.
Die langasems het met glimlaggende -én klappende – tande die Middelburg Observer uitgedaag om in hul voetspore te volg.
Die uitdaging is met ope arms verwelkom en 24 uur later het ‘n paar brawe Observer-werknemers die koue om 08:00 trotseer.
Dit is egter gouer verby as wat jy verwag en met genoeg handdoeke, komberse en warmwatersakke, is die koue lag-lag iets van die verlede.
Die ALS Ice Bucket Challenge word gebruik om bewusmaking te skep vir motorneuronsiekte.
Persone en instansies wat uitgedaag word, word ook aangemoedig om geld te skenk vir navorsing oor die siekte.

Joost van der Westhuizen, Heyneke Meyer en Ana Ivanovic is van die bekendes wat reeds hul bibberbad geneem het.
As jy uitgedaag word, doen dit gerus.
Dit is vir ‘n goeie doel en dit is baie meer interessant en verfrissend as daai irriterende NEK Nominations van so paar maande terug.
Kyk wie word volgende uitgedaag:



