Local newsNews
Water dam op
'n Dam water het die afgelope ruk gevorm onderkant Jan Heynsstraat (naby die Klein Olifantsrivier).
Inwoners sê dat die water al die afgelope drie maande opdam en hulle vermoed dat ‘n pyp gebars het.
Maandagoggend was hul kraanwater ook bruin en daar was ‘n probleem met die waterdruk.
• Mnr. Rudolf Bouwer (adjunkdirekteur, siviele ingenieursdienste) sê in die laat sestigs was daar ‘n verbinding van daar af vir noodtoevoer na Kanonkop.
Hy vermoed iemand het met een van die kleppe gelol wat die water laat uitloop, maar hy wou dit nie as ‘n feit stel, voordat sy personeel gaan ondersoek instel het nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



