Dra jou pantoffels Vrydag!
Dra jou pantoffels Vrydag (1 Augustus) en koop ’n R10 plakker sodat jy kan help om ’n kind se droom te verwesenlik!

En maak drome vir siek kinders waar!
Dié pantoffeldag is die grooste fondsinsamelingsprojek vir die “Reik na ’n Droom”-projek.
Verlede jaar is daar R2.3 milj. in Suid-Afrika met hierdie projek ingesamel om vir kinders wat teen lewensgevaarlike siektes veg.
Al wat jy moet doen is om jou R10 plakker by Wimpy te gaan koop en jou pantoffels na jou werk, skool of winkels te dra om jou ondersteuning vir die “Reik na ’n Droom”-projek te wys.
As jy nie jou pantoffels kan dra nie, maak dan seker jy dra jou plakker, want dan help jy om kinders se drome te bewaarheid in hospitale en huise regdeur Suid-Afrika.
Persone wat hul pantoffels én ’n plakker dra, kan Vrydag by Wimpy gaan inloer vir ’n gratis koppie koffie.




Ek kry v geen rede die video oop nie