Local newsNews

Belfast boewe gesoek

Die Belfast polisie is op soek na twee mans wat onderskeidelik 'n besigheid gevandaliseer en 'n vrou van R12 000 besteel het.

• Die eerste verdagte is op 23 Mei op beeldmateriaal vasgelê tydens ‘n inbraak by BFS Finansiëledienste, toe hy en ‘n makker, wat nie uitgeken kan word nie, bloot die besigheid van binne gevandaliseer het.

Die boewe het niks gesteel nie, maar duisende rande se skade binne die besigheid aangerig.

Die mans het ook die besigheid se alarmsisteem beskadig.

Die man wat op kamera vasgelê is het die onderste gedeelte van sy gesig met ‘n stuk lap bedek. Die ander verdagte het egter seker gemaak dat hy uit die kameras se opvangsveld bly.

• In die tweede voorval is ‘n OTM-boef duidelik op kringtelevisie vasgelê waar hy R12 000 uit ‘n vrou se rekening steel.

Die klaer is nie deur die polisie geïdentifiseer nie.

Dié man word gesoek vir vandalisme nadat hy glo gedurende Mei vanjaar by 'n Belfast besigheid ingebreek, en duisende rande se skade aangerig het.
Dié man word gesoek vir vandalisme nadat hy glo gedurende Mei vanjaar by ‘n Belfast besigheid ingebreek, en duisende rande se skade aangerig het.

Die man het die vrou by die OTM getreiter en onwetend haar FNB bankkaart gesteel.

Hy het haar fyn dopgehou tydens haar transaksie by die OTM en so haar pin bekom.

Op 27 Junie omstreeks 11:30 wys beeldmateriaal hoe die man R12 000 uit die klaer se rekening onttrek by ‘n Standard bank OTM.

• Beide mans word gesoek en persone met inligting kan speursersant W.F. de Waal by 013 253 0230 bel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

3 Comments

Back to top button