Local newsNews

Ma agter tralies

Die ma van 'n ses-weke oue baba is aangekeer vir diefstal.

Hannelie Wessels (30) het al by verskeie rehabilitasiesentrums gaan aanklop om hulp vir haar heroïenverslawing. Sy is ‘n bekende by die Oorwinnaars-groep asook by suster Marietha Petzer.

Ses weke gelede het sy geboorte gegee aan ‘n baba wat skaars 1,6 kg geweeg het. Daar is sprake dat sy verskeie kere tydens haar swangerskap heroïen gebruik het.

Die baba, wat aan onttrekkingsimptome gely het, vandat sy haar eerste asemteug gevat het, is intussen van haar ma weggeneem en by pleegouers geplaas. Sy kan haar baba op sekere tye besoek, mits sy skoon toets vir dwelms.

Me. Wessels is deur ‘n barmhartige Samaritaan ingeneem. Die persoon het versoek om anoniem te bly. Buiten vir ‘n dak oor haar kop het sy ook klere, haar medikasie en kunsgereedskap gekry om haar besig te hou. Sy is gevat om te gaan uiteet en het ‘n naweekvakansie geniet.

Dit was egter nie lank voordat me. Wessels weer van die dwelmwa afgeval het nie.

Die zol wat sy uit papier gerol het is afgeneem oomblikke n adat sy op heterdaad in die badkamer betrap is.
Die zol wat sy uit papier gerol het is afgeneem oomblikke n adat sy op heterdaad in die badkamer betrap is.

Sy is na bewering fort met ‘n selfoon wat aan die mense by wie sy gebly het behoort. Dit was ook nie lank nie of die dwelmhandelaars het by die mense kom aanklop en aangedring op die geld wat me. Wessels hulle skuld.

Daar is ‘n diefstalsaak oopgemaak en sy is opgespoor by ‘n huis. Toe die polisie haar gaan haal het, het sy versoek om net gou die badkamer te gebruik voor hulle vertrek.

‘n Ooggetuie het vertel hoe sy me. Wessels in die badkamer gevang het, besig om die oorblywende heroïen wat sy aan haar gehad het, te rook. Sy het aan die persoon erken dat sy reeds vyf sakkies gebruik het.

Me. Wessels het Maandag, 14 Julie, in die Middelburg hof verskyn en sal agter tralies bly tot haar volgende verskyning op 7 Augustus 2014.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Dit is n tragedie! Dwelms verwoes soveel lewens en raak nou die gemeenskappe ook. Dit is n bose kringloop wat nie maklik gebreek kan word nie. Sulke instandsies is baie duur en daar moet regtig samewerking wees van die verslaafde om hierdie gewoonte te breek. Dit is n verskriklike pad om te loop, vir die verslaafde sowel as die gesin.

Back to top button