Local newsNews

Perd hardloop op N4

'n Perd het vir sowat vyf kilometer deur plase- en myngronde gehardloop, voordat hy op die N4 by die weegbrug deur die Middelburg Dierebeskermingsvereniging gevang is en aan sy eienaar terugbesorg is.

“Ek is net dankbaar dat daar nie ‘n ongeluk was of dat iemand beseer is nie,” het mnr. Willie Fraser, die perd se eienaar, Woensdag gesê.

Daar was groot konsternasie toe die perd op die N4, naby die Shell Ultra City, rondgehardloop het.

Motoriste het verskrik uitgeswaai en ander wat die perd van ‘n afstand af gesien het, het gedink “iemand se perd het weggekom van sy perdekar af!”

Trac het personeel van die Middelburg DBV laat weet dat die dier op die N4 rondhardloop.

Met die DBV se aankoms, het iemand reeds die perd by die weegbrug ingejaag en die verkeersdepartement het die hekke toegemaak.

‘n Veearts het die verskrikte dier verdoof, waarna hy na die eMalahleni DBV geneem is.

Volgens mnr. Div de Villiers (van die plaas Rietfontein, wat die naaste aan die N4 geleë is), is gekontak met navraag of die perd aan hom behoort.

“My perde is egter almal op stal.

Niemand weet waar dié perd vandaan kom nie!”

Mnr. Fraser het gehoor dat hul vermiste perd gevind is.

Hy het gemeld dat hulle agtergekom het dat Fleur weg is nadat diewe die hekke op ‘n plaas naby Kanhym afgesaag het.

“Ek was só bekommerd!”

Die perd het oor plase en myngrond vir sowat vyf kilometer gehardloop tot waar hy aangekeer is.

Mnr. Fraser sê hy het die perd onlangs vir familie geskenk.

“Hy het seker maar die pad terug Botshabelo toe gesoek,” het hy laggend gesê.

• Mnr. Fraser het vir jare perderitte op Botshabelo aangebied en dit later na ‘n ander plaas in die omgewing geskuif.

• Die Middelburg DBV het op hul Facebookblad almal bedank vir hul hulp om die dier gevang te kry, waaronder die verkeersbeamptes, Trac, die veearts wat die dier verdoof het en die eMalahleni DBV.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

Back to top button