Local newsNews

Vat pa op ’n rit vir Vadersdag

Dis Sondag Vadersdag. En as jy soos talle ander nog net nie tyd gekry het om aan iets spesiaals te dink nie, kan jy ontspan, Ubhetyan het net die ding vir jou.

Ubhetyan-o-Africa bied ’n 4×4 Vadersdag aan. So kom op 15 Junie gewapen met jou viertrek voertuig en jou man of pa en kom geniet die natuur.

Die 4×4 roete begin 08:00 wanneer gaste opdaag en met ’n welkom drankie en vingerhappie ontbyt getrakteer word.

Van daar vertrek die groep na die uitdagende roete by Buffalo Gorge waar hulle tot 12:15 besig gehou gaan word.

Om 12:30 is almal terug op Ubhetyan betyds om te sien hoe die leeus gevoer word.

Daarna word ’n heerlike braai buffet aangebied.

Die dag word om 15:00 afgesluit met ’n wildsrit.

Vir navrae of om jou plek te bespreek.

Kontak vir Susan Cornelius by 082 921 3995.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Hi, ek sal belangstel. Kan jy my asb laatweet wat die kostes beloop?

    Groete,

Back to top button