Sadam (van onbekend) bly in ’n sinkhuis agter in ’n erf in Aerorand.
Hy tree as opsigter op terwyl daar huis gebou word.
Hy het volgens Louis Pieterse, sy buurman oorkant die straat, gaan vuurmaakhout soek in ’n bos langs Twelopelestraat.
“Sadam het my kom roep en gesê hy het ’n motorfiets in die bos gekry.”
Die twee mans is terug na die bos toe waar die motorfiets, toegepak met takke, gestaan het.
“Ons het die takke afgehaal en ek het dadelik gesien dit is die fiets wat een van my vriende, Jaco Brits, op Facebook gesit het.”
Teen 17:45 was Neels Liddle herenig met sy fiets, ’n Warthog wat volgens unieke spesifikasies ombou en enig in sy soort is.
“Ek kan dit nie glo nie. Dit is once in a million dat dit gebeur. Hy het nie ’n skrapie op nie” het mnr. Liddle laat weet.
Hy vermoed dat die skelms eers wou kyk of die motorfiets nie dalk een of ander opsporingsisteem ingehad het nie.
Of hulle het beplan om hom Maandagnag te kom laai.
Sadam sal binnekort R10 000 ryker wees wanneer mnr. Liddle sy beloning aan hom gaan oorhandig.




Die volgende fiets wat hulle op spoor wat weg gesteek is los hom daar dat die ouens hom kan dop hou miskien kan ons die skelms vang wat die fietse steel en as hulle gevang is hou hulle vir my niskien weet hulle waar my fiets is ek sal die mense wys wat jy met n skelm maak wat ons regstelsel is kak