Spesiale aanbod vir ons lesers
Om met die roep van ’n visarend wakker te word, is maar een van die voorregte wat besoekers geniet wat by Izinkwe Lodge oornag.
Izinkwe is ’n nuwe juweel in die Loskopvallei, wat vinnig besig is om een van die land se beste toeriste roetes te word.
Oor twee weke open ook die nuwe Mmatoti Lodge in dieselfde omgewing.
Daar was reeds geweldige belangstelling in die roete tydens die toerisme indaba wat vanaf 10 tot 12 Mei in Durban gehou is. Die antwoord was telkens: “Ek het nie geweet die omgewing bied so baie so naby aan Johannesburg nie”.
Izinkwe het iets persoonlik aan hom met bestuurspaar Lerina en Willem Blaauw wat gasvryheid uitstraal.
Besoekers aan die oord sal beslis ook uitroep: “Ek het nie geweet daar is so ’n pragtige plek net 70 kilometer van Middelburg af nie!”.
Wanneer mens die ses kilometer stofpad afgeskud het, nadat jy regs gedraai het na Damwal en dan weer regs na die Kruisrivier omgewing, ry jy vanuit die bosveld bosse ’n oase binne van reuse bome en groen grasperke.
Dit is miskien nie die braai so tussen die bosse, die kerkie, die twee jacuzzi’s, twee swembaddens en hengeldam, wat jou tref nie, maar die atmosfeer en veral die grasperke wat uitroep: “Dis mos vakansie!”.
Wat ook uitstaan is dat eienaar Jan Taljaard, dit wat hy gedoen het goed gedoen het, of laat doen het. Die groot bome wat deur ’n houtdek groei, die mooi teëls oral, netjiese chalets en die grasdakke perfek gedek.
Daar is ’n hoofkamp met al die geriewe en ’n boskamp met die klem op bos.
Vir die natuurliefhebber, wat ’n hoë premie plaas op rustigheid, wildlewe, voëllewe en hengel, is die oord ’n paradys.
Vir lesers om die oord te gaan geniet is 13-15 Junie 2014 beskikbaar teen ’n baie spesiale prys:
•Vir ’n groepbespreking van 18 persone (die hoofkamp) teen R5000.00/naweek. Dit werk uit op R277.00 per persoon vir die hele naweek maar die hele kamp moet geneem word as een bespreking
– chalets kan nie individueel bespreek word nie. (Die normale tarief is R9600 buite seisoen).
•Die selfsorg chalets (Ses eenhede beskikbaar) teen R700/chalet/naweek vir twee volwassenes en twee kinders (o/12). (Normale tarief is R1300/chalet/naweek buite seisoen).
Navrae: 079 208 3052.
Verblyf: 083 298 7410.
Konferensies: 083 447 2440.
Troues 072 765 8451.
E-pos: info@izinkwe.co.za.



