Local newsNews

Motorfietsryer steeds in intensief

Ruan du Plessis (20), wat op 15 Mei in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke was nadat 'n Audi Q3, volgens ooggetuies, voor sy motorfiets ingedraai het op die hoeke van Samora Machel- en Oranjestraat, sterk steeds aan in die Milpark Hospitaal.

Die erg beseerde Ruan is gestabiliseer by die Life Midmed Hospitaal en is dieselfde aand per helikopter afgevoer na die Milpark Hospitaal waar hy sedertdien in die trauma intensiewe-eenheid behandel word.

Hy het al die bene in sy arms en bene gebreek en die boonste lid van sy linkerduim is in die ongeluk afgeruk.

Kort na opname het dokters uitwendige penne aan sy bene en arms geplaas.

Daar is nog nie begin om inwendig hersteloperasies te doen nie.

Die dokters het egter Vrydag begin met veloorplantings op sy linkerhand en -arm.

Sy arm se vel moes oopgesny word, omdat dit geweldig begin swel het weens infeksies.

Ruan se broer, Louwrens, sê die dokters is baie positief oor sy herstel.

Alhoewel Ruan onder erge verdowing gehou word, het hy die afgelope paar dae kort-kort sy oë oopgemaak.

“Die dokter sê hy het ‘n sterk wilskrag en hulle is baie optimisties oor sy herstelpad.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button