Local sportNewsSchoolsSport

Ruan onder top 25

Ruan Wilcocks (graad10) van HTS Middelburg het sy vorige beste tyd met sewe minute verbeter tydens die 2014 Hoërskole Bergfietswedren in Parys.

Ruan eindig 20ste en is nou deel van die top 25 skole-bergfietsjaers in Suid-Afrika!

Hy het ook aan die 36 km-bergfietswedren op Stoffberg deelgeneem.

Sy volgende uitdaging is die naweek in Parys waar hy die voorreg sal hê om as deel van die top 25-jaers eerste weg te spring wat sy kanse versterk om onder die top 10 te eindig.

In Julie neem Ruan aan vier wedrenne van die Gauteng-Reeks deel wat in Johannesburg en Pretoria plaavind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button