Local newsNews

Bekende argitek oorlede

Die bekende argitek, mnr. Pieter Bezuidenhout (66), is Woensdagaand in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Mnr. Bezuidenhout het verlede week ‘n buikoperasie ondergaan en is sedertdien in die intensiewe eenheid behandel.

Sy vrou, Rina, het Donderdagoggend gesê dat “alles nog so onwerklik is.” Sy en haar kinders, Johan en Lorinda, het mnr. Bezuidenhout beskryf as ‘n “wonderlike, sagte, aangename mens, wat baie lief was vir sy familie en altyd grappies gemaak het.”

Mnr. Bezuidenhout word oorleef deur sy vrou, Rina, kinders Johan en Lorinda, skoonkinders Adéle en Derick en kleinkinders Juandré en Lana.

• Teen druktyd was daar nog geen begrafnisreëlings getref nie en navrae kan gerig word aan me. Bezuidenhout by 072 178 2190.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button