Sonder werk, sonder petrol…
"Julle moet gaan kyk! Daar is 'n man wat voor die Engen by Midwater sit, ek dink hy gebruik dwelms."
Die Middelburg Observer het Maandagmiddag gaan ondersoek instel nadat hulle ‘n oproep ontvang het vanaf bekommerde lesers.
En daar kry ons vir Rassie.
By die kar aangekom flits dit vinnig deur my gedagtes: “Is hierdie dalk nog ‘n Susan?” Die snaakse antenna en die koelhouer op die agterste sitplek sê dat die man ken van in die kar slaap.
Rassie Botha beweer dat hy Vrydag Middelburg toe gekom het om werk te soek. Hy is ‘n auto-elektrisiën van Randfontein af.
Die werksoekery het nie so goed afgeloop nie. Hy het sy laaste geldjies vir petrol gebruik om hier uit te kom. Nou is Rassie gestrand.
“Ek wag vir iemand om vir my geld te bring. My petrol is klaar.” Dit is duidelik dat Rassie in ‘n penarrie is. Sy hele wese getuig daarvan. Hy sit en wag want hy kan niks anders doen nie.
Hy het glo die hele naweek, in afwagting op ‘n familielid wat van Zeerust af sou kom, voor die petrolstasie gesit.
‘n Bekommerde Chris Prinsloo, bestuurder by die Engen vulstasie, sê dat hulle nie verder kan toelaat dat Rassie daar sit nie.
“Hierdie is private eiendom. Dit behoort aan Alzu. Ons kan nie verantwoordelikheid vat vir die man nie. Sê nou daar gebeur iets met hom of met sy kar terwyl hy daar staan?”
Voordat die joernaliste daar weg is Maandagmiddag stop hulle Rassie ‘n pakkie ryskoekies en R10 in die hand. Rassie luister geduldig terwyl die vulstasie bestuurder met hom praat en sê hy moet voor die einde van die dag van die perseel af wees.
Dan sit hy maar weer. Want hy kan niks anders doen nie…
•Susan Grimbeeck het vir maande in haar rooi Jetta voor die Polisiestasie gebly. Daar geëet, geslaap en by die hospitaal gaan was. Sy swerf na jare steeds van dorp na dorp, soekende na haar Jetta wat glo op Ladysmith agtergebly het tydens een van haar swerftogte.




Is dam sad that evry homeless person or person that’s on the str is doin drugs . That’s wot u all think . Lukn at this pic I dnt c y he is acused of doin drugs . U ppl r pathetic . Gt drugs on ur brains