Local newsNews

Oud-Middie ernstig beseer

Oud Middie eerstespan rugbyspeler, Brian Boynton, lê tans kritiek in die hospitaal nadat hy in 'n valskermspringongeluk betrokke was.

Mnr. Boynton (31) het volgens sy vrou ingekom om te land in ‘n beweging wat hulle “swooping” noem toe hy teen die grond gebots het.

“Niemand is seker presies hoekom dit gebeur het nie. Hy het aan iemand op die toneel gesê dat sy hande van die brieke af gegly het. Maar die GoPro video wys dat sy hande wel op die brieke is. Dit lyk asof die ongeluk as gevolg van human error was. Dit is so jammer dat mense nou snaakse gevolgtrekkings maak. Human error kan orals gebeur, tot as jy fiets ry of oor die straat stap,” het sy vrou, Vlooi, gesê.

Alle videomateriaal van die ongeluk word tans ondersoek om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Hy is na sy val na die Kosmos Hospitaal in eMalahleni gehaas. As gevolg van die omvang van sy beserings kon daar Maandag eers op hom geopereer word. Daar is aan sy been, wat morsaf gebreek het en net aan weefsel gehang het, gewerk. Vog op sy longe is ook gedreineer. Mnr. Boynton word steeds in die kritieke eenheid van die Kosmos Hospitaal gehou. Hy is van tyd tot tyd onder sedasie maar sy familie sê dat hulle darem al met hom kon kommunikeer. Hy is op lewensonderhoudende masjiene en kommunikeer met sy familie deur briefies te skryf.

“Hy maak sy oë oop as ek sy kinders se name noem. En hy begin al met die hospitaal personeel te baklei. Dit is ‘n goeie teken!” het mev. Boynton Woensdag gesê.

Daar kan tans nie nog operasies op mnr. Boynton gedoen word tot sy liggaam sterk genoeg is om die skok te hanteer nie.

Sy rug is ook op vier plekke gebreek maar dit lyk tans asof daar nie skade aan sy rugwerwel is nie.

Mnr. Boynton was deel van ‘n span van vier wat hierdie naweek aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe sou deelneem.

“Hy het binne net twee jaar sy pro-rating gekry. Dit vat baie ouens tot sewe jaar! Valskermspring is sy passie. Dit is wat hy elke naweek doen” het mev. Boynton gesê.

Oorweldigende ondersteuning op sosiale media netwerke getuig van mnr. Boynton se gewildheid. Minute nadat daar ‘n Whatsapp groep vir hom oopgemaak is was dit vol. Oproepe en Facebook boodskappe bly inrol. Daar is Maandag twee maal, 16:00 en 20:00 gebedskettings vir hom gehou.

“Dit is ongelooflik. Mense kom hospitaal toe en sit net daar, al kan net naby familie hom besoek. Daar is tot iemand wat vir hom ‘n hamburger gebring het!”

•Daar is kort voor druktyd verneem dat dokters meen mnr. Boynton is sterk genoeg vir sy volgende operasie. Hy het Woensdagnag vir sy vrou in rooi geskribbel “I am in love.”

jana@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. I was in the sky with him that day when it happened.it was a freak accident but one that cones with the sport.

Back to top button