EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools
VIDEO: Hoof ‘n ‘Arabiese sjeik’
Die hoof van Laerskool Middelburg was Woensdag 'n Arabiese sjeik wat soos dit 'n sjeik betaam op 'n perd by die skool aangekom het.
Mnr. Gerrie van die Merwe is maar net ‘n paar maande by die skool en dit is die eerste keer dat hy ‘n verjaardag by die skool vier. Laerskool Middelburg se personeel en leerlinge het gewys van watter stoffasie hulle gemaak is en ‘n besondere geleentheid is vir hom gereël, met van tulbande tot tente met heerlike geregte. Hy sal beslis nie sy 42ste “Arabiese” verjaardag vergeet nie!
• Kyk die video van mnr. Van der Merwe se Arabiese aankoms by die skool:








