Vrou verwag vierling
Trotse ouma Charlotte Campher sê dat sy haar dogter onlangs vir bloedtoetse dokter toe gevat het. Dit het bevestig dat sy swanger is. Latere toetse het aangedui dat Cindy Campher ‘n tweeling verwag. Dit is nie ongewoon nie omdat haar verloofde, Roelf de Koker, ses stelle tweelinge in sy familie het. “Ons het gespook om …
Trotse ouma Charlotte Campher sê dat sy haar dogter onlangs vir bloedtoetse dokter toe gevat het.
Dit het bevestig dat sy swanger is.
Latere toetse het aangedui dat Cindy Campher ‘n tweeling verwag. Dit is nie ongewoon nie omdat haar verloofde, Roelf de Koker, ses stelle tweelinge in sy familie het.
“Ons het gespook om reg te maak vir twee. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid want mens moet twee van alles kry.”
Vrydag is die Campher gesin saam met mnr. De Koker weer hospitaal toe vir ‘n sonar.

“My man het heeltyd aan my gestamp en gesê hy tel vier. Ek weet nie lekker hoe werk die sonar ding nie. En het die verpleegster gevra om vir my te verduidelik.”
Hulle het begin tel, daar was toe wraggies vier hartkloppies.
“Ons almal is nog in skok. Ons moet nou vir vier regmaak!”
Mev. Campher sê dat haar dogter nou ‘n geskatte ses weke swanger is.
Alhoewel al die babas op hede verskillende geboorte datums het omdat hulle in grote verskil, sal hulle hopelik almal op een slag gebore word.
jana@moberver.co.za



