VIDEO: Massas water
Die Middelburgdam se sluis is verskeie kere die afgelope week oopgemaak om vlakbeheer toe te pas. Vanaf verlede Dinsdag is die sluis op 300mm oopgemaak, maar teen die naweek was die inloop só geweldig dat twee sluise op ‘n meter elk oopgemaak moes word. Sien Video hoe ‘n Toyota Fortuner vas gesit het hier in Middelburg …
Die Middelburgdam se sluis is verskeie kere die afgelope week oopgemaak om vlakbeheer toe te pas.
Vanaf verlede Dinsdag is die sluis op 300mm oopgemaak, maar teen die naweek was die inloop só geweldig dat twee sluise op ‘n meter elk oopgemaak moes word.
Sien Video hoe ‘n Toyota Fortuner vas gesit het hier in Middelburg naby Kees Taljaard:
Maandagmiddag is die sluis toegemaak, maar Dinsdagaand moes ‘n sluis weer oopgemaak word. Die sluis is Woensdagaand toegemaak.
Beide die Olifants- en Klein Olifantsrivier was in vloed en die brug op die Bethalpad (Olifantsrivier) het wéér erge skade met die druisende water wat daaroor gespoel het.
Die Klein Olifantsrivier se laagwaterbruggie is al sedert vroeg hierdie week onder water en mense het vir die Observer kom sê dat dié brug se padoppervlak beskadig is.
Mnr. Rudolf Bouwer (adjunk direkteur) het nie van die skade geweet nie, maar aangedui dat hy dadelik met die verkeersdepartement gaan reël dat die brug gesluit word, tot die water gesak en die skade bepaal kan word.
Die stadsraad het ook hierdie week begin om sand te gooi in die gate wat oral op die padoppervlaktes gevorm het weens die baie reën. Sodra die reën ophou, sal die gate reggemaak word.
Die reën en watervloed het verder gesorg vir ‘n skouspel by Loskopdam en hordes mense het gaan kyk hoe die skuimende massa oor die walle spoel.
•Daar is die afgelope week tussen 54-68mm reën op die dorp gemeet. Op Hendrina (die opvanggebied vir die dam) is 111,5mm gemeet!
•Die Middelburgdam het Donderdagoggend op 95.1% gestaan. Die ander damstande (Maandag gemeet) is as volg: Witbank 93%, Bronkhorstspruit 81.5%, Loskop 105.7%, Flag Boshielo 121.6%, Nooitgedacht 102.6% en Vygeboom 103.1%.
daleen@mobserver.co.za








