EntertainmentLifestyle
Olifant by Alzu
"Oom Olifant, jou reuse dier...." wat soek jou grote lyf by Alzu Petroport se muur?
Die Alzu Petroport het nie net ‘n opgestopte renoster op hul perseel nie! Hulle spog nou ook met ‘n reuse Olifant van 3.5m hoog op die stoep van die Nando’s gebou, voor Country & Outdoor!
Mnr. André van Rooyen het ‘n paar jaar gelede vir hulle die opgestopte renoster by hul wildlewe uitstalling gemaak. Nou is dié veselglas olifant ook gemaak by sy besigheid, Van Rooyen Taxidermist in Roodepoort.



