EntertainmentLifestyle
F&K wys hul snorre in pienk
Die manne van F&K Engineering het Vrydag hul snorre en baarde, wat hulle die hele Novembermaand laat groei het vir die Kansa "Movember"-projek, pienk laat kleur.
Kansa spits hulle toe op die gesondheid van mans gedurende November en F&K Engineering het vanjaar weer die projek ondersteun.
Met die projek moet mans hul snorre (en baarde ook, as hulle so voel) laat groei vir die maand November om hul ondersteuning te wys vir Kansa se bewusmakingsveldtog ten opsigte van mans se gesondheid en die verskillende tipes kankers wat mans kan kry.



