EntertainmentLifestyle
Reg vir die naweek se 94.7
'n Groot groep plaaslike fietsryers is gereed vir die 94.7 fietswedren wat Sondag in Johannesburg aangebied word.
Die span, wat onder borgskap staan van Malcolm-Ezindaleni, die EPS-groep en die Bambanani Gesondheidsentrum, het die naweek hul staal gewys by die Alzu Tour de Farm.
Hiertydens het Wille Jacobs die grootmeesters afdeling gewen.
Buiten vir twee lede, sal die hele res van die span die naweek aan die 94.7 wedren in Johannesburg deelneem.



