EntertainmentLifestyle
Kansa tee
Kansa Hoëveld in samewerking met die pas gekroonde mej. en mev. Groter Middelburg en mej. en mev. Gemeenskap bied op 25 Oktober die jaarlikse Kansa Tee by HR City aan.
Die bekende sangpaar, Burgerd (van Romanz) en Zita (bekend as die tweede “Liefling” saam met Rudi Claasse) sal sorg vir vermaak.
Daar is nog net ‘n paar kaartjies (R100 per persoon) beskikbaar en vir navrae, bel Andries du Preez 072 248 9424 of Sherall du Preez 072 677 5733.



