EntertainmentLifestyle
Mathys vier verjaardag hier
Die immergewilde sanger, Mathys Roets, tree nie net op 5 Junie by Riverside Estate op nie, maar gaan ook saam met al die konsertgangers verjaardagpartytjie hou.
Tydens hierdie geleentheid sal die nuwe opkomende blinde sanger van Middelburg, Vernon, die voorprogram hanteer.
Mense wat nog kaartjies vir die optrede wil bekom, sal moet spring, aangesien dit soos soetkoek verkoop.
Kaartjies beloop R100 per persoon en is beskikbaar by Carin by 072 106 5231.
• Die funksie word aangebied deur Cycad Rotary en MidHartklop ten bate van liefdadigheid en die Wondershoek Kinderhawe sal een van die begunstigdes wees.



