Editor's choice

’n Blou geween en gekners van tanne om die span wat laaste op die punteleer is te klop. (En julle wat nie tanne het nie ons sal vir julle issue vir Saterdag se wedstryd teen die Visvoete).

•En wie was Saterdag die beste baljagters? Francois Hougaard en Jan Serfontein! En hoeveel balle het Joenou gewen? Zero? Hoeveel strafskoppe het hy afgestaan? Twee! Nee wat, kies Hougat eerder op flank.

•En die oranje vlae het Saterdag op elke denkbare paal waar ’n hond kan been lig gewapper. Nee, toe nie Tjieta vlae nie, een of ander bisarre politieke party se vlag. (Geen wonder jy sien geen hond meer been lig op hierdie dorp nie, nie met al daai politieke vlae en plakkate op hulle gunsteling paal nie. ’n Hond het ook mos sy trots?).

•Stormers rugby staan op stewige fondamente: Hulle hou die ander spanne almal bo.

•Nou wat nou Neil? Van Powell na Power. Die Blitsige Bokke het binne twee toernooie verander na Boerbokke. Kan ons met al ons hoërprestasie sentrums en al ons talentvolle rugbyspelers nie een jaar net die All Black blitse uit die eerste plek hou nie? (Wat is die suksesvolste sentrum in die land? Die arrestasiesentrum).

•Die ANC kon nog in die swaargewig afdeling boks toe president Nelson Mandela gelewe het – hy was ’n bokser van formaat. Lyk nie of President Zuma kan boks nie, alhoewel die paar danspassies hom dalk vir een rondte uit die moeilikheid sal hou. Julius Malema, nee wat, kan as slaansak gebruik word met daai ronde wange. Die politikus met die boksvernuf deesdae is die DA se Mmusi Maimane wat selfs sy eie boksafrigter het.

•ABelievable! Selfs Dale Steyn kon Sondag maar net hande klap toe AB die sesse teen hom ingeryg het. Go Bangalore!

•Hier hol ’n ou en daar hol ’n ou, hulle hol die hele wêreld vol! Midack het Donderdag sy wedlope aangebied terwyl Middelburg Marathonklub se atlete na Loskop afgesit het tydens die post Loskop.

•Moenie dink jy gaan vir ons dorpie se verkeershof weghol as sy jou betrap aanjaag nie. Pamela Mkosi het so stil-stil haar eerste Loskop Marathon voltooi.

•Hoër, verder, vinniger. Die uitdagings al groter en die prysgeld al meer. Trail Runs is deesdae mos die in-ding. Nege ure tyd om 24 kilometer bergop te draf en die inskrywingsgeld maar net R950.

•Slaak bobján en al die anner katte ’n sug van verligting. Sou darem kattestrofies gewees het as Kranspoort se gholfbaan platgestoot moes word. Maar nou word hy behou en bobján kan, as hy verveeld is, help balle soek tussen die doringbome.

•Hoe sê meneer nou? Is dit alweer Classic Clash? Ons het dan nou die dag gespeel!

•Ag nee ouens, ken julle nou wraggies geen ander liedjie nie? Middies se eerste seuns hokkiespan: Koos wat is jou gunsteling liedjie? Bok van Blerk se 68 Chevy Oom, Piet? Bok Oom! Gert? 68 Chevvy Oom! Gene Hlatshwayo? Bok! Regtig?

•Wat is die heel belangrikste komitee op hierdie dorp? Die LOC! El Ou Cee! Nie die Laaglêende Ondeunde Companje nie. Dis die Local Organising Committee. Belangrike komitee daai. Nie hier kommie tee nie, hier kom die Cravenweek en hulle moet reël en organiseer.

•Darem een Pretoria span wat bekers wen. Miskien moet die Bulls by Mamelodi Sundowns gaan leer. Of miskien moet Ludeke by Piets Ou gaan leer?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button