Local newsNews
Huise moontlik gemerk waarsku bekommerde inwoner
Inwoners van Beyer Naudestraat word gewaarsku dat hul huise moontlik gemerk word deur kriminele.
Inwoners van Beyers Naudestraat word gewaarsku dat hul huise moontlik gemerk word deur kriminele nadat me. Anna de Klerk ’n vreemde sakkie met wit poeier voor haar hek opgetel het.
Met verdere ondersoek het sy dieselfde sakkie met vreemde wit poeier by haar bure se hek opgemerk en hulle daarvan in kennis gestel.
Sy sê Maandag en Woensdag was dit skoon voor haar huis sonder enige tekens van ander merkers. Volgens me. De Klerk ruik die poeier suur, soos verslaande brooddeeg.
“Mense moet asseblief bedag wees,” waarsku sy.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



