Local newsNews
Nissan verlate in Witrivier plantasie gevind
Die Middelburg en Witrivier polisie krap kop oor ’n Nissan motor wat verlate in ’n plantasie by digby Witrivier gevind is.
Die motor is nagespeur tot in Middelburg, waar dit verlede November nog by ’n kommune in Minnaarstraat geparkeer was. Die man in die kommune in wie se besit die motor was, het einde verlede jaar getrek.
Die motor is tans op niemand se naam geregistreer nie, en die enigste inligting rondom die motor op die polisie se rekenaarsisteem, was die Minnaarstraat adres.
Die vorige eienaar was ’n ene mnr. Mnungu, maar dié is volgens die polisie ook ’n onopspoorbare spook. Die voertuig is deur die Witrivier polisie geskut, nadat niemand in die nabyheid daarvan gevind kon word nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



