Local newsNews
Aanvraag vir Covid-19 toetse in Aerorand so groot dat huis-tot-huis besoeke daar voortgesit word
Die Departement van Gesondheid het die aantal inwoners van Aerorand ver onderskat met voorbereiding van huis-tot-huis Covid-19 toetse, en derhalwe sal toetse in dié reuse woonbuurt vandag voortgesit word.

Die departement sou Maandag uitwyk na ander woonbuurtes, maar die aanvraag na toetse vir Aerorand alleenlik is astronomies.
DA raadslid vir Aerorand, mnr. Hennie Niemann, vergesel die departement van huis-tot-huis en hy het Dinsdagmore bevestig dat toetse in Aerorand van 09:00 vandag voortgesit sal word.
Daarna sal ander woonbuurte geteiken word.
Volgens mnr. Niemann verloop die toetsery baie goed en is daar goeie samewerking uit die gemeenskap.
Net inwoners met sekere simptome, of wat in kontak met besmette mense was, sal getoets word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



