Local newsNews
Ondersteun haweloses wanneer jy kruideniers gaan koop
’n Inwoner van Middelburg, me. Petro Steenkamp, het die inisiatief geneem en met al die Spar kruidenierswinkels onderhandel om mandjies uit te plaas, waarin benodigdhede vir die dorp se haweloses ingesit word.

Me. Petro Steenkamp vra op die video onder andere vir inwoners om wanneer hulle gou inhardloop om inkopies te doen, om enige bruikbare kruideniersware en selfs toiletpapier in die trollies te plaas.
As die trollies vol is, sal dit opgelaai en vir die persone in beheer gegee word, om onder die haweloses te versprei.
•Sy het gister op die video gesê dat die haweloses nog by die Kees Taljaard Stadion is. Hulle is intussen na ’n kerkperseel geneem, waar hulle steeds daagliks na omgesien moet word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



